Original Research

Post-konstitusionele regspraak oor die wysiging van diskriminerende bepalings in testamentêre trusts met 'n liefdadigheidsoogmerk

Henda Steyn
Journal of Economic and Financial Sciences | Vol 8, No 3 | a120 | DOI: https://doi.org/10.4102/jef.v8i3.120 | © 2018 Henda Steyn | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 21 December 2017 | Published: 27 December 2015

About the author(s)

Henda Steyn, University of the Free State, South Africa

Full Text:

PDF (191KB)

Abstract

Die testamentêre trust as sui generis regsfiguur speel 'n belangrike sosiale rol in die Suid-Afrikaanse reg. Die gewildheid van hierdie instelling as boedelbeplanning meganisme het aansienlik toegeneem, deels as gevolg van die beskerming wat aan die testateur se afhanklikes gebied word en deels as gevolg van die eenvoudige, dog doeltreffende praktiese werking daarvan. Een van die groot voordele van ‘n Testamentêre trust is die gemak waarmee ‘n erflater se wense, soos vervat in sy/haar testament, geïnterpreteer en geïmplementeer kan word. Daar is in ons reg ‘n besliste wisselwerking tussen die erfreg en die trustreg van toepassing op testamentêre trusts. Die beginsel van testeervryheid is ‘n konsep wat in die Suid-Afrikaanse reg met die nodige respek behandel word en alhoewel dit onderhewig is aan sekere gemeenregtelike en statutêre beperkings, is die aanvaarde siening dat daar effek gegee sal word aan die wense van ‘n testateur soos uitgedruk in sy / haar testament. Die bestaande politieke en sosiale omgewing in Suid-Afrika, soos wat onderskryf en vervat word in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (hierna verwys as die Grondwet), plaas egter ‘n groter beperking op die reg op individuele testeervryheid. Die huidige tendens bestaan dat indien ‘n Testamentêre trust geskep word en ‘n openbare instelling soos ‘n universiteit betrokke is, die testamentêre trust gewysig sal word indien enige van die bepalings daarin vervat geklassifiseer kan word as om diskriminerend van aard te wees. Hierdie artikel fokus op die evaluering van die ratio decidendi van die howe in onlangse hofuitsprake. Dit sal die neiging beklemtoon dat al die howe van dieselfde mening is dat die sogenaamde “diskriminerende bepalings” in testamentêre trusts met ‘n liefdadigheidsoogmerk gewysig moet word, maar dat die howe se interpretasie van die feite met betrekking tot die verskillende toepaslike areas in ons reg wissel van geval tot geval. Dit sal duidelik aantoon dat die tyd aangebreek het vir 'n spesifieke stel reëls, wat konsekwent toegepas kan word – ‘n grondwetlik gebaseer boni mores kriteria om eenvormigheid en regverdigheid te verseker, en dat die huidige status quo nie aanvaarbaar is, slegs omdat dit die gewenste resultate lewer nie.

Keywords

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika; 1996; ratio decidendi; testamentêre trusts; onregverdige diskriminasie; testeervryheid; openbare beleid; liefdadigheidsoogmerk

Metrics

Total abstract views: 2899
Total article views: 829


Crossref Citations

No related citations found.